Die vestiging van ’n geïntegreerde FV-bedryf in SA

Tyren van der Spuy: Sodoende kan die uitbreiding van die FV-sonkragbedryf in Suid-Afrika werksgeleenthede op ’n verskeidenheid vaardigheidsvlakke skep. Dít sal uiters waardevol wees, aangesien die inperkingsmaatreëls die werkloosheidskoers, wat alreeds hoog was, vererger het. Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voorspel dat dit in Desember 2020 35,313% sal bereik.