Duidelike oorlogverklaring teen voorkombare armoede

 Duidelike oorlogverklaring teen voorkombare armoede

Philasande Shongwe

Hiedie artikel is oorspronklik Desember 2019 in die Loodsuitgawe van die Nova Mentis Tydskrif gepubliseer. Meld aan om die Winteruitgawe van die Nova Mentis Tydskrif te ontvang, wat in Junie 2021 kom.

Miskien is dit tyd dat ons ernstige en indringende dialog as ’n voorloper in die strewe na die waarheid beskou. Dalk is ons te besig om mense te vertel wat hulle wíl hoor, eerder as wat hulle móét hoor. Net soos ’n onderwyser soms die gebruiklike “hartlikheid” opsy moet skuif en ’n leerder moet dissiplineer om die weg na langtermyninsig en verantwoordelikheid te vind, behoort die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel dieselfde te doen.

Die kwessie van persoonlike finansiële geletterdheid is van die allergrootste belang in die bekamping van voorkombare armoede. Die veronderstelde verskille tussen “volwassenes” en “kinders” wat besluitneming oor geld betref, is nie so ooglopend as wat die meeste mense graag dink nie. In werklikheid kan die polariteit vaag wees, indien dit enigsins bestaan. Dink maar hoe kinders wat ’n kontanttoelae ontvang, soms gefikseer raak op hoeveel onmiddellike bevrediging hulle daaruit kan put. Ongelukkig groei hierdie toelae met die jare sonder dat die finansiële bewussyn met die jare dienooreenkomstig verhelder.

Onlangse statistieke bied ’n insiggewende blik op die finansiële ingesteldheid van volwasse Suid Afrikaners. Suid-Afrikaanse huishoudings spaar gemiddeld minder as 5% van hul besteebare inkomste. In ’n breër sin word slegs 16% van die jaarlikse BBP gespaar. Insgelyks het slegs 19% van Suid Afrikaners ’n noodfonds wat hul tydens ’n werkloosheidsvenster van drie maande kan onderhou. In die lig hiervan is dit geensins verrassend dat Suid-Afrikaners van die swakste spaarders ter wêreld is nie.

Om hierdie situasie te vererger, leen ongeveer 86% van die werksmag geld om hul leefstyl te kan handhaaf, terwyl 55% van die werksmag in ’n dolle gejaag van een salaristjek na die volgende deur die lewe snel.

Dit alles dui op ’n ontstellende hipotese dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners nie finansieel geletterd is nie en hul geld oorwegend vir onmiddellike bevrediging aanwend. Finansiële ongeletterdheid is nie uniek aan een enkele bevolkingsgroep nie en is holisties gesproke nadelig vir die samelewing.

Hierdie generasie gebaseerde vloek moet verbreek word. Dit is onaanvaarbaar dat ongeveer 40 000 geldskieters, wat lenings van gemiddeld net minder as R5 000 teen rentekoerse van 30% en selfs so belaglik hoog as 50% aanbied, finansieel kwesbare mense uitbuit.

Met inagneming van die bogenoemde probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar en die land se onregverdige verlede, wat dié kwessie net vererger, is dit duidelik dat die onus vir die onderrig van finansiële geletterdheid op iemand of iets geplaas moet word. Om die waarheid te sê, dit behoort ’n selfstandige vak in die nasionale skoolkurrikulum te wees. Ongelukkig het hierdie onus op ouers en die kinders self beland – wat ’n onwerkbare model is.

Finansiële geletterdheid kan deur middel van ’n verpligte vak in skole opgedwing word, met teoretiese en, veral, pragmatiese ondertone. Bestaande interaktiewe programme, soos die BeSmarta-toepassing van digemy.com, behoort in die klaskamer omarm te word om hierdie skuif te vergemaklik. Daar moet klem gelê word op die impak van individuele geldelike besluite benewens geldelike outonomie.

Die meeste Suid-Afrikaners sou hul in goeie bateprysgroei, belastingbesparings, ’n gerieflike aftrede, en appresiasie in eiendomspryse kon verlustig. Verdere onmiddellike en duidelik sigbare voordele sluit in volgehoue inflasiekoerse en die vermoë om tussen finansiële produkte te onderskei in ’n tydvak waarin daar oorvloedige opsies beskikbaar is.

Op die ou end is dit werklik ontstellend dat die Suid-Afrikaners wat die meeste by hierdie potensiële voordele sou kon baat, nie begrip wat dit werklik behels nie en nie weet hoe om persoonlik daaruit munt te slaan nie. Die oplossing op voetsoolvlak lê in die kreatiewe en interaktiewe onderrig van finansiële geletterdheid deur skoolprogramme van ’n jong ouderdom af. Dit hoef nie duur of onprakties te wees nie. Inteendeel, die teenoorgestelde is waar, en die regering kan die program implementering aan buitegroepe uitbestee en selfs in die eer wat beter resultate meebring, deel.

Philasande Shongwe is finansiële bestuurder en Nocturnal Unwrap potgooi-gasheer by Nova Mentis.

Philasande Shongwe

Philasande Shongwe is financial manager and Nocturnal Unwrap Podcast host at Nova Mentis.