#3: Entstowwe: Hoekom speel die Minister huisdokter vir ons almal?

 #3: Entstowwe: Hoekom speel die Minister huisdokter vir ons almal?

Tian Alberts gesels met Daniël du Plessis oor Covid-19 entstowwe, en spesifiek die manier waarop dit uitgerol word. Die vraag oor of ‘n mens ingeënt behoort te word of nie, is warm op almal se lippe. Waaroor daar egter nie gereeld gepraat word nie, is waarom regerings ‘n monopolie op die uitrol daarvan het. Regerings soos Suid-Afrika s’n het keer op keer hul onbevoegdheid in verskeie industrieë ten toon gestel. Waarom hulle vertrou om gesondheidsbesluite namens ons te neem? Tian vra ook vir Daniël uit oor die veronderstelde “ry” waarin die wêreld staan en wag vir die entstof. Is daar werklik net een “ry”, of moet vryemarkbeginsels eerder aanwending vind? Landsburgers het tog nie hul bevoegdheid om besluite oor gesondheid te maak, aan die Minster gedelegeer nie? En is die manier waarop die regering hierdie proses monopoliseer nie juis tekenend van die wyse waarop hulle beoog om gesondheidsorg in die algemeen te nasionaliseer nie? 

Tian Alberts